
Welkom by Solidariteit! Klik op die skakel vir meer inligting: https://teapaw.org/t.co/ps1a10lDTG🔸 [email protected] 🔸0861 25 24 23
Suid-Afrika
Joined December 2009
- Tweets43K
- Following721
- Followers54.7K
- Likes6.7K
Pinned Tweet
PODSENDING: Ons bou om te bly!
Terwyl ons die grootheid bewonder, word ons ook opnuut herinner aan die waarde van die klein dinge. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld vertel ek van die hoendervleis-oomblik toe ek die vordering van Akademia se kampus aanskou het. Ek gesels ook oor die krag van gemeenskap en hoe die afgelope 25 jaar tot hierdie besondere oomblik gelei het.
Kyk en gesels saam!
Ons het die regsektorkodes hof toe gevat én gewen. Maar dié oorwinning beteken meer as net die tersydestelling van een stel rassekodes.
Solidariteit se locus standi om in die belang van sy lede in die regsektor op te tree, is bevestig. Dit versterk ons vermoë om op te tree wanneer wetgewing en beleid jou werk, loopbaangeleenthede en beroep bedreig.
Die staat se pogings om die regsberoep deur onder meer rasgebaseerde teikens te reguleer, wys waarom regslui ’n sterk beroepsvennoot nodig het. Die stryd eindig nie by een hofsaak nie.
Sluit by Solidariteit aan. Hoe meer regslui saamstaan, hoe sterker kan ons jou werk en die toekoms van jou beroep beskerm.
Die stemme is getel. Wat beteken die munisipale verkiesingsuitslae vir jou dorp of stad – of selfs vir jou huisgesin?
In hierdie episode verwelkom “Minister” Leré Nel vir Connie Mulder. Hulle gesels oor die grootste verrassings in die uitslae, opvallende neigings, hoe koalisieonderhandelinge werk en nog veel meer.
Kyk nou dié episode op YouTube: bit.ly/4iYbdhX
PODSENDING: Ons bou om te bly!
Terwyl ons die grootheid bewonder, word ons ook opnuut herinner aan die waarde van die klein dinge. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld vertel Dirk Hermann van die hoendervleis-oomblik toe hy die vordering van Akademia se kampus aanskou het. Hy gesels ook oor die krag van gemeenskap en hoe die afgelope 25 jaar tot hierdie besondere oomblik gelei het.
Kyk en gesels saam: youtu.be/USJg7t07G5E
Ons bou om te bly!
Die vordering by Akademia se kampus het vir Dirk Hermann ʼn hoendervleis-oomblik besorg. Agter dié groot bouwerk lê 25 jaar se gemeenskapskrag en talle klein bydraes wat saam ʼn verskil maak.
In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld deel Dirk dié ervaring en gesels hy oor die waarde van groot drome én klein dinge.
Kyk die episode en gesels saam: bit.ly/4ADS8J4
Die regsektorkodes het gewys hoe ingrypend staatsbeleid die manier waarop regslui werk, aangestel word, bevorder word en werk ontvang, kan beïnvloed.
Solidariteit het nie bloot beswaar gemaak nie, ons het hof toe gegaan én gewen! Ons onlangse oorwinning oor die regsektorkodes wys wat moontlik is wanneer regslui ’n vakbond agter hulle het wat bereid is om onbillike beleid en wetgewing te beveg.
Belangriker nog: Solidariteit se locus standi om vir sy lede in die regsberoep op te tree, is bevestig.
Moenie wag totdat die volgende beleid jou werk raak nie. Sluit vandag by Solidariteit aan en gee ons die mandaat en krag om vir jóú werk en beroep op te staan.
Klik hier: bit.ly/4zCZ0GG
Dalk was dit nie nodig dat ander partye meer mag kry nie, maar eerder dat die ANC minder mag kry. Mag is iets wat verdien moet word, en die ANC het sy kans gehad.
In die jongste episode van Minister van Menings gesels “Minister” Leré Nel met Connie Mulder oor die belangrikste neigings in die munisipale verkiesingsuitslae. Hulle bespreek hoe koalisies nou eintlik werk en, nog belangriker, wat die pad vorentoe vir Suid-Afrika inhou noudat die ANC se tande getrek is.
Kyk nou dié episode op YouTube: bit.ly/4iYbdhX
Die Amerikaanse verkiesing is verby. Wat beteken dit vir Suid-Afrika?
Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, bespreek die uitslae en die moontlike gevolge vir ons land.
Kyk en gesels saam!
Die ANC se bevrydingsgeskiedenis is nie meer genoeg om jonger kiesers te oortuig nie.
Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, stel ʼn nuwe geslag kiesers werk, veiligheid en ʼn beter toekoms bo historiese politieke lojaliteite.
Wat beteken dié verskuiwing vir die politieke landskap en gemeenskappe se toekoms?
Lees hier meer: aanlyn.solidariteit.co.za/pu…
“In Suid-Afrika gebeur die beste nie, maar ook nie die slegste nie.”
Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), gesels oor die tendense wat uit die onlangse plaaslike verkiesing na vore gekom het.
Luister saam!🎙️
Solidariteit se onlangse oorwinning oor die regsektorkodes wys wat ons kan vermag wanneer ons namens ons lede teen onbillike beleid en wetgewing optree. Die uitspraak bevestig ook ons locus standi om vir ons lede in die regsberoep op te staan en hul belange te beskerm.
Moenie wag tot die volgende bedreiging voor jou deur lê nie. Ons weet nou wat ons kan vermag. Dink net hoeveel meer ons kan doen as ons getalle dramaties groei. Sluit vandag by Solidariteit aan!
Klik hier: bit.ly/4zCZ0GG
Die verkiesing is verby. Nou begin die vrae oor wie saam gaan regeer.
In hierdie week se Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor die verkiesingsuitslae, moontlike koalisies en hoe ʼn post-ANC-regering kan lyk.
Wat beteken dié moontlikhede vir Suid-Afrika se toekoms?
Kyk die volledige episode en gesels saam: bit.ly/4zkuNey
#𝙎𝙩𝙞𝙡𝙒𝙤𝙧𝙙𝙎𝙤𝙣𝙙𝙖𝙜
Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
1 Korintiërs 1:3
𝐎𝐫𝐚𝐧𝐣𝐞 𝐃𝐚𝐬: Die doodsklok lui vir die 30 persenters en Malema weet nie wat op aarde hom getref het nie.
Wie staan op vir regslui wanneer beleid en wetgewing hul werk en beroep bedreig?
Solidariteit se onlangse oorwinning oor die regsektorkodes het nie net ’n belangrike streep in die sand teen onbillike SEB-beleid getrek nie, dit het ook bevestig Solidariteit het locus standi om in die belang van sy lede in die regsberoep op te tree.
Lees waarom dié uitspraak verreikende betekenis vir regslui het, en waarom lidmaatskap van Solidariteit nou belangriker as ooit is.
Lees hier meer: bit.ly/4znE7hY
PODSENDING: Suid-Afrika is moeg vir die ANC!
Die verkiesing is verby en die stemme is getel, maar die uitslae laat Suid-Afrika op ʼn kruispad.
Aan die een kant is daar verligting oor die feit dat die ANC nie meer alleen kan regeer nie. Aan die ander kant bring die uitslae nuwe onsekerheid oor moontlike koalisies.
In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor die verkiesingsuitslae, wat dit vir Suid-Afrika beteken en hoe ʼn post-ANC-regering moontlik kan lyk.
Kyk saam en deel jou mening!
youtu.be/iQvVAk7KkGI
Suid-Afrika is moeg vir die ANC. Maar wat gebeur volgende?
Die stemme is getel, en nou verskuif die aandag na moontlike koalisies en die pad vorentoe.
In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann met Connie Mulder oor die verkiesingsuitslae en hoe ʼn post-ANC-regering moontlik kan lyk.
Kyk en gesels saam: youtu.be/iQvVAk7KkGI
𝗠𝗘𝗗𝗜𝗔 𝗦𝗧𝗔𝗧𝗘𝗠𝗘𝗡𝗧 | Bela: Reviewing a language policy does not mean schools are changing their language of instruction
According to the Department of Basic Education, 11 794 public schools have reviewed their language policies. However, this does not mean that these schools have changed their language of instruction or introduced dual-medium teaching.
Solidarity emphasises that Afrikaans single-medium schools remain Afrikaans single-medium schools when they retain Afrikaans as their sole language of instruction.
The focus should instead be on urgent education challenges, including the shortage of schools and teachers.
Read more: bit.ly/4BUILq9
𝗠𝗘𝗗𝗜𝗔 𝗦𝗧𝗔𝗧𝗘𝗠𝗘𝗡𝗧 | Ferroglobe’s furnaces remain cold during the plant’s centenary year
Solidarity states that the decision to place Ferroglobe’s smelting furnaces in Witbank under temporary closure by the end of November affects approximately 200 jobs and places further unsustainable pressure on industrial workers in Mpumalanga.
The plant began production in 1926, but now, a century later, there are too few orders to restart the furnaces.
Ferroglobe recently made progress in negotiations with Eskom and the government regarding a potential special electricity tariff. However, the company notes that the decline in the local steel and stainless steel industries, coupled with a drop in confirmed orders for ferrosilicon and related by-products, means that resuming operations – even at a more favourable tariff – is currently unviable.
Read the full media statement here: bit.ly/4eZnJg0
𝗠𝗘𝗗𝗜𝗔 𝗦𝗧𝗔𝗧𝗘𝗠𝗘𝗡𝗧 | Judge Motha reprimanded following Solidarity complaint over race-related remarks
Solidarity’s Legal Network welcomes the Judicial Conduct Committee’s (JCC) ruling on the complaint against Judge Madlankosi Motha, whose remarks about the race of legal practitioners in a 2024 case attracted widespread attention.
According to the ruling, Judge Motha must be issued with a warning not to make similar remarks again. The Gauteng Judge President, Ledwaba, must also reprimand him within 15 days of the ruling.
The matter stems from a letter Judge Motha sent to four advocates. In the letter, he demanded an explanation as to why none of the advocates who appeared against one another in a case before the Gauteng High Court concerning black empowerment scorecards was black.
Read the full media statement: bit.ly/4zHk2Ed



