Motoriste sal vanaf Woensdag minder betaal vir petrol, maar meer vir diesel, wanneer die brandstofprysaanpassings vir Augustus in werking tree.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die terugkoopkoers onveranderd te hou op 7-persent met die prima uitleenkoers wat op 10,5-persent bly.
Die geliefde Nieu-Seelandse akteur, Sam Neill, veral bekend vir sy rol in Jurassic Park het op die ouderdom van 78 gesterf.
Hy was omring deur sy familie in die St Vincent's-privaat hospitaal in Sydney, Australië.
Huldeblyke stroom van oral in.
Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het aangekondig reuse-brandstofprysverlagings tree om middernag in werking.
President Cyril Ramaphosa het die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, ingevolge die Grondwet afgedank.
NEEM KENNIS!!!
Alle Wes-Kaapse skole sal op Dinsdag 12 Mei 2026 gesluit wees.
Dit is weens stormweer wat die provinsie tans teister. See less
'n Klein bietjie verligting wag vir dieselverbruikers - die prys van diesel styg om middernag met ongeveer R5.27 per liter en nie R6.19, soos vroeer deur die regering aangekondig is nie.
Nog ellende wag Woensdag op Suid-Afrikaners by die brandstofpompe. Petrolpryse sal met drie-rand-27-sent per liter styg en diesel met ses-rand-19-sent per liter.
President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die plaaslike regeringsverkiesing vanjaar op Woensdag, 4 November sal plaasvind.
'n Brand op die perseel van die wapenvervaardiger Denel in Macassar, Kaapstad, is vanoggend vinnig onder beheer gebring. Brand- en reddingsdienste van Macassar en Khayelitsha en 'n voorvalbestuurspan is gestuur om Denel se brandbestryders te help om die brand te blus.
EFF leier, Julius Malema is in die Oos-Londen Landdroshof in KuGompo City in die Oos-Kaap gevangenisstraf van onderskeidelik vyf en twee jaar opgelê, asook boetes van gesamentlik R60 000 of 6 maande tronkstraf in elk van die ander klagtes teen hom.
Die minister van finansies, Enoch Godongwana het aangekondig dat die brandstofheffing met R3 verlaag gaan word.
STEL JY BELANG IN ’N LOOPBAAN IN RADIO?
Bok Radio / BokTv is dringend opsoek na ’n Buite-Uitsending (OBU) bestuurder!!!
Indien jy belangstel en van die nodige kwalifikasies beskik dan wil ons graag van jou hoor!
Stuur gerus jou CV na [email protected]
COPE betreur die dood van hulle stigtersleier, Mosiuoa Lekota. Die 77-jarige anti-apartheidsaktivis is na 'n lang siekbed in 'n hospitaal oorlede.
Israel en Amerika het 'n aanval op Iran van stapel gestuur. 'n Israelse verdedigingsbeampte sê die operasie is maande lank in samewerking met Washington beplan.
BEGROTING: Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê Suid-Afrika se skuld begin die eerste keer in 17-jaar bestendig raak.
BEGROTING: Maatskaplike toelaes word in April vanjaar verhoog, met toelaes vir bejaardes en mense met gestremdhede wat met 80-rand sal styg tot twee-duisend-400-rand.






