Aaah man... Just go follow this chick if you love food and cooking. Executive and consultant chef taking the fuss out of cooking after years of pretentious kitchen environments... And she could easily own a stand up comedian stage👌🌶️ chefs kiss 👌 @The(H)angryChef on tick tock☺️
My eldest wrote me a poem for mother's day... Years back when she finally understood. I took the core of her heart wrenching poem and reworked it into lyrics for song... I had this epiphany with my mom as well. May all daughters reach that sacred space.... And yes some mothers don't earn a space in this conversation. 🌹 Mamma my woorde is min...
Kom Huis toe...
As ek iets by jou voete kan lê
Net een keer, asb hoor wat ek sê
Dit mag dalk nie nou vir jou sin maak,
Maar my kind, eendag gaan dit belangrik raak.
Wanneer die lewe mooi note speel
Kom huis toe en kom deel
Wanneer die druk van buite te swaar raak
Kom huis toe, sodat ons kan help dra en ligter maak.
Wanneer liefde jou onverhoeds vind
Kom huis toe met jou opgewondenheid my kind.
As die donker ooit te donker druk
Is jou huis waar jy veilig gesond kan raak.
Waar jou wortels diep groei
En in onweer jou ankers jou vasboei
Waar storms kalmer voel
En sonskyn warmer spoel
Oop arms sal altyd vir jou wag
Elke dag en nag,
Want jy het ‘n huis en of jy nou net iets wil deel
Of liefde en energie wil kom steel,
Kom huis toe.
©Ina Brink
Enslin my little big monster baby, in a tough week you put a smile on my face😁😁😁👊 no 11 and 22 in one clip. When he is not in the red and blue of Breziers, check him in white..... Ooooh weee... Chills👊👊👊
3
29
639
Bitter man
Jy gluur my aan
Verdruklik skaam
Blou oog man
In spieel glinster glas
Staar ek in myself vas
En my beeld is vreemd,
Want in jou oog vasgevang
Is die drogbeeld n slang
Vlerke deur skubbe vervang
En dit maak my bang
Is dit regtig ek?
Of my beeld deur jou refleksie vervang?
Ons moet betaal en betaal
Vir die lewens rit
Op en af skuins getrek
Dwars
Verneuk, lang uitgerekte steiltes
En kortstondige sielsveryke
Die koste brutaal
Fyn beplan vir genoeg vaal
Sodat ons aanhou in betaal
Verkragte Meester's plan
Deur man.
©Ina Brink











